Norma Nel deel met ons ‘n heerlike resep vir piesangbrood.
Bestanddele:
125 ml margarien
300 ml suiker
2 eiers
2 x 250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2,5 ml sout
5 fyngedrukte piesangs
2,5 ml vanieljegeursel
Metode:
Room die botter en suiker.
Klits eiers een vir een by.
Voeg die gesifte droë bestanddele by.
Voeg nou die piesangs en vanieljegeursel by die mengsel.
Bak ±1 uur by 180 °C.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



