Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout en sy jarelange meisie, Mica McKechnie, is die naweek getroud.
Bezuidenhout het ‘n foto van hom en sy nuwe vrou op sy Instagram-blad gedeel, hy in sy pienk troupak en McKechnie in haar afskouer trourok.

Bezuidenhout het voreer op sosiale media gespot en gesê hy gaan ‘n “werkende wittebrood” hê omdat hy optredes in die Moederstad het.
Die paartjie is al vyf jaar saam en sedert 2019 verloof.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



