Jan Bloukaas begin vandag weer met chemo

Deel hierdie storie / Share this story

“Drie weke se break agter die rug! Ek het baie hard gechill met my gesin. Môre klap ons hom vas met chemo weer,” skryf Jan Bloukaas in ‘n Facebook-plasing.

Jean du Plessis, die sanger se regte naam, het in September in ‘n emosionele video met sy aanhangers gedeel dat hy met breinkanker gediagnoseer is.

Hy het in die video verduidelik dokters het ‘n groot gewas op sy breinstam gevind, maar die gewas kan nie met chrurgie verwyder word nie. Hy sou wel bestraling ontvang.

“Vyf dae hoë dosis chemo en 25 dae af vir volgende ses maande. Let the battle continue. Dankie vir almal se boodskappe in hierdie tyd. Dis my petrol! Cheers op die kans om nog te fight, God is met jou en my!

Du Plessis het bekendheid verwerf met sy 2017-treffer Kaas Bra en het sedertdien die verhoog met van die land se grootste kunstenaars gedeel.

Hy het op 3 Oktober bekendgemaak dat sy opnames vir sy nuwe album klaar is nadat hy sy aanhangers belowe het hy is vasbeslote om sy album te voltooi voor hy met behandeling begin. Sy nuwe enkelsnit is ook intussen vrygestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel