Polisie-adjudant Ntsako Patako se liggaam is Sondagoggend in Soweto gevind.
Patako se privaat voertuig is Vrydag weens die swaar reën meegesleur. Die polisie se soek-en-reddingspanne het sedertdien onverpoosd na hom gesoek.
Die 36-jarige Patako was vir 15 jaar in die polisie nadat hy in 2007 ‘n lid geword het.
Genl. Fannie Mosemela, nasionale polisiekommissaris, het die spanne bedank vir hulle harde werk om sy liggaam op te spoor.
“Dis ‘n tragiese einde vir die SAPD en die familie van Patako,” sê hy. “Ons salueer jou vir jou diens. Mag jou siel in perfekte vrede rus.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



