Tienerseun verdwyn ná swem in Wolfgat-natuurreservaat

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Seun (17) is steeds soek nadat hy Saterdag verdwyn het toe hy in die Wolfgat-natuurreservaat naby Monwabisi, Khayelitsha gaan swem het.

Volgens een van die bevelvoerders van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Strandfonteinstasie, het die Kaapse metro se nooddienste Saterdag 17:40 na die seun begin soek nadat sy familie alarm gemaak toe hy nie uit die water gekom het nie.

Die soektog is Sondag voortgesit.

Die seun se naam is nie bekend nie.

Die NSRI doen ‘n beroep om mense om slegs te swem waar daar menseredders aan diens is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel