Pastoor bedank glo oor naakte waarheid beweringe – Shofar sover stil

Deel hierdie storie / Share this story

Sias le Roux (48), voormalige pastoor en skrywer van Stellenbosch, het sy amp neergelê nadat beweerde aktiwiteite waartydens hy saam met jong lidmate van die gemeente “kaal” was, aan die lig gekom het.

Hy was een van die pastore by die Shofar-Christengemeente, ‘n charismatiese kerk en is ook bekend vir geestelike boeke wat hy geskryf het, soos byvoorbeeld Walking With Jesus en Our Father.

Kerkblaaie en uitsendings wys sy aktiewe betrokkenheid by die gemeentelede.

Volgens ‘n berig in Rapport het hy en die jong lidmate aan fisiese en sosiale aktiwiteite deelgeneem terwyl hulle poedelnakend was.

FiND iT het Le Roux en die kerk om kommentaar te nader.

Daar was nog geen bevestiging aan enige van die beweringe nie en die berig sal opdateer word indien meer inligting bekend word.

Gedurende 2007 het IOL ‘n berig geskryf waarin beskuldigings teen die Shofar-kerk gemaak is dat hul as “sekte” Matie-studente glo breinspoel, waaroor Universiteit Stellenbosch se lektore, ouers en studente bekommerd was.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.