Twee vriendinne het Saterdagmiddag in Park Rynie aan die Suid-Kus verdrink.
Mi7 National Group EMS sê hulle het ongeveer 13:00 na die noodoproep van die polisie se soek- en reddingspanne vir ondersteuning in die soektog na die twee meisies, reageer.
Na bewering het die twee meisies, wat vriendinne is, se families in die omgewing vakansie gehou en die twee het in die golwe gespeel en was glo deur ‘n stroom meegesleur.
Omstanders kon die liggaam van die 15-jarige meisie herwin terwyl daar nog na die 12-jarige gesoek word.
As gevolg van see-kondisies moes die soektog na vandag uitgestel word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



