Liggaam in Mvoti-rivier gevind

Deel hierdie storie / Share this story

IPSS Search and Rescue-spanne het vroeër Saterdag die liggaam van ‘n volwasse man uit die Mvoti-rivier gehaal.

Volgens IPSS Medical Rescue was die polisie se soek-en-reddingspanne ook op die toneel in die Maphumulo-area. Die man was glo besig om langs die rivier te was toe hy ingeval het.

Ná ‘n kort soektog is sy liggaam omstreeks ‘n kilometer van waar hy ingeval het, gevind. Sy liggaam is uit die rivier gehaal en aan die Maphumulo-polisie oorhandig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel