Polisieman in hegtenis vir vrou se moord

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisieman van Piketberg is in hegtenis geneem weens die moord op ‘n vrou.

Renee Jain (51) is op 25 Maart 2021 vermoor. Haar liggaam is die volgende dag by haar huis op die De Vierde Liefde-plaas en landgoed tussen Wolseley en Worcester, waar sy gewoon het, ontdek. Jain is gekry met haar hande en voete vasgebind en haar neus en mond toegeplak.

Daar was van die begin af ‘n vermoede drie mans was by haar moord betreokke, omdat ‘n bejaarde langsaan ook beroof is.

Twee mans in hul twintigs, Nolan Visagie en Nolan Schille, is in Mei vanjaar aangekeer. Hulle het in November in die hof verskyn, waarna die saak tot Januarie 2023 uitgestel is.

AO. Maurice Arries (48) is Saterdag 3 Desember in hegtenis geneem.

Die saak is uitgestel vir ‘n borgtogaansoek tot Maandag 12 Desember. Arries bly in aanhouding.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel