Ma in hegtenis nadat sy glo haar dogter (12) vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (31) is Saterdag saam met haar ouer suster en hul twee jong kinders gearresteer na die dood van haar dogter (12) op 8 Desember te Mapaneni village in Giyani-polisiëringsgebied in Limpopo.

Kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die kind is na bewering Woensdag 7 Desember aangerand waarna sy gesterf het.

Ondersoek het aan die lig gebring dat die kind klaarblyklik uitgegaan het en nie huis toe gekom het nie. Haar ma het glo haar suster (37) gevra om saam met haar na die kind te soek. Die twee vroue en beide se seuns (15) het die soektog meegemaak.

Nadat hulle glo die kind gekry het, het hulle haar huis toe geneem waarna hulle haar aangerand, laat bad en in haar kamer toegesluit het.

Die volgende dag het die ma by die polisie gerapporteer dat sy die kind dood in haar kamer gevind het.

Polisie ondersoek het bevind dat die kind se liggaam beserings gehad het en dat sy glo aangerand is.

‘n Moordsaak is geregistreer en word deur GKS eenheid ondersoek.

Die vier verdagtes is gearresteer en sal aangekla word vir moord waarna hulle op Maandag 12 Desember in die Giyani-landdroshof sal verskyn.

Die saak teeen die twee minderjarige tiener-verdagtes sal hanteer word volgens die Child Justice Act.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.