Twee manlike persone is op Saterdag 10 Desember net voor 17:00 na ‘n ongeluk by ‘n Shell Garage in Stellastraat, Durban, oorlede.
ALS Paramedics Medical Services het op die toneel aangekom en het totale chaos gevind.
Daar was twee voertuie binne die vulstasie.
‘n Man in sy 30’s in een van die voertuie is op die toneel dood verklaar, terwyl ‘n ander man, in sy 60’s, wat in ‘n ander voertuig vasgesit het, kritieke beserings opgedoen het.
Gevorderde lewensondersteunende paramedici het gewerk om die man se kondisie te stabiliseer terwyl die Ethekwine-brandweerdepartement die “kake van lewe” (jaws of life) en hidroliese toerusting moes gebruik om die man te bevry.
Hy is na ‘n hospitaal in Durban geneem, maar met aankoms by die hospitaal het die man in hartsilstand gegaan. Ten spyte van pogings om hom te red is hy dood verklaar.
Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het word deur die polisie ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



