Dogter (5) verkrag – ma gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Dogter (5) is deur haar ma (39) en dié se kêrel verkrag. Hulle is in hegtenis geneem en is Donderdag 8 Desember skuldig bevind, waarna die ma vier lewenslange vonnisse en ‘n addisionele 30 jaar tronkstraf opgelê is vir seksuele molestering en verkragting.

Die ma het skuldig gepleit op 10 klagtes waarvan vier vir verkragting, drie vir die vervaardiging van kinderpornografie en een vir die blootstelling van geslagsdele.

Na bewering is Pixie Pink, “Victims Advocate,” gedurende Maart deur ‘n persoon gekontak wat gesê het dat sy in besit is van bewyse van seksuele mishandeling van ‘n kind in Dorandia in die Pretoria-Noord-omgewing.

Nie net is seksuele mishandeling gerapporteer nie, maar ook pornografiese materiaal van die dogter gemaak.

Pixie Pink het nie vir die bewyse gevra nie, maar slegs vir inligting wat sy aan die relevante owerhede oorgedra het. ‘n Lasbrief is verkry en binne twee dae uitgevoer.

Lumka Mhanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die ma was sedert Desember 2021 tot Maart 2022 in ‘n verhouding met die mede-beskuldigde en beide het die kind gedurende hierdie tydperk met verskeie voorwerpe verkrag.

Die kind is forseer om seksuele aktiwiteite op die volwassenes uit te voer. Gedurende die dag het die ma foto’s van die kind se geslagsdele aan die mede-beskuldigde gestuur en ook video’s waarin sy seksuele omgang met die kind het.

Die ma is op 18 Maart in hegtenis geneem nadat sy ‘n video aan ‘n vriendin gestuur het wat dit weer aan Pixie Pink gestuur het.

Die ma se verskoning was dat sy by hiedie gedrag betrokke geraak het omdat sy ingegee het vir aanvaarding en aandag van haar kêrel. Sy het ook bedags tuis gebly terwyl sy na haar kind (15) met spesiale behoeftes moes omsien.

Die ma se regspan het gevra dat die voorgeskrewe maksimum vonnis nie opgelê moet word nie, wat die Staatsaanklaer geweier het en gevra het vir die maksimum vonnisoplegging omdat die ma in ‘n posisie van outoriteit was en veronderstel was om haar kind te beskerm en haar lief te hê.

Die aanklaer het verder uitgewys dat die meeste verkragters die kinders se naastes is en nie vreemdelinge nie.

Die landdros het saamgestem en gesê ‘n swaar vonnis was toepaslik in hierdie saak.

Die mede-beskuldigde sal Februarie 2023 in die hof verskyn om te pleit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.