Vrou dood nadat sy lewendig verbrand is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (25) van Odendaalsrus is dood nadat sy Maandag 5 Desember om ongeveer 06:00 lewendig in Milnerstraat in Thaba Nchu verbrand is.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê ‘n persoon wat verbygestap het, het die vrou in ligte laaie gesien en na die polisiestasie gehaas om owerhede in te lig. Die polisie het reageer en die vrou wat sleg verbrand het, aangetref.

Sy kon daarin slaag om te sê haar vriend het haar met petrol deurdrenk en aan die brand gesteek.

Nooddienste het met die vrou na die hospitaal gehaas vir mediese hulp, maar sy is later aan haar beserings oorlede.

Die polisie het die vermeende verdagte op Odendaalsrus opgespoor en in hegtenis geneem.

Hy sal binnekort in die Selosesha-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.