Dwelmverslaafde seun wat ma (62) vermoor kry lewenslank

Deel hierdie storie / Share this story

Shalendra Samath is tot lewenslange tronkstraf vir die moord op sy ma en ‘n verdere 15 jaar vir roof gevonnis.

Volgens Reaction Unit South Africa is die liggaam van die 62-jarige Ormilla Samdath verlede jaar op 1 Julie in die kombuis in haar huis in Olivinestraat in Everest Heights, KwaZulu-Natal, gevind.

‘n Man het Rusa-lede omstreeks 15:48 die dag van die moorde gevra om te gaan kyk of alles by Ormilla se huis pluis is. Lede het onderhoude gevoer met van die ander inwoners, wat hulle ingelig het dat hulle Ormilla die vorige oggend laas gesien het.

Lede kon bevestig dat Shalendra, Ormilla se seun, omstreeks 16:20 die vorige dag die huis verlaat het ná ‘n rusie met sy ma. Paramedici het daarna in haar huis op haar lewelose liggaam afgekom. Sy is minstens ses steekwonde aan haar liggaam gehad en erge wonde aan haar gesig en kop. Sy is op die toneel dood verklaar.

Shalendra het glo ‘n geskiedenis van dwelmverslawing gehad en sy ma glo in die dae voor haar moord forseer om vir hom R3 000 te gee. Hy was ook by haar werk om van haar geld te eis. Hy het ook kort na sy ma se moord by ‘n OTM geld getrek.

Samath was sedert sy inhegtenisname in 2021 in aanhouding.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel