Marno Muller huis toe gestuur

Deel hierdie storie / Share this story

Marno Muller wat dié week in die hospitaal in Springs se ongevalle-eenheid was nadat hy “aanvalle” begin kry het, is huis toe gestuur.

Helga Muller, Marno se ma, sê haar seun was op twee drups in die ongevalle-eenheid en dat hy opgeneem moes word.

“Oor fondse nie beskikbaar was nie, is hy huis toe gestuur met ‘n voorskrif,” sê Helga. “Wat sy Mamma dieselfde aand nog betaal het.”

“Dit gaan beter met Marno. Fondse vir opname word nie meer benodig nie.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel