Emer-G-Med se noodinbelsentrum het vanoggend om ongeveer 06:30 ‘n noodoproep ontvang van ‘n vrou wat ‘n passasier was op ‘n bus wat vasgekeer was en water ingeneem het.
Die vrou wat duidelik benoud was, kon as gevolg van die water wat in die bus gestyg het nie die ligging aan die beampte in die noodsentrum gee nie. Die beampte het daarin geslaag om die vrou te oorreed om ‘n ligging met haar foon oor WhatsApp vir hulle te stuur.
Emer-G-Med en First Assist saam met verskeie eenhede, wat die Johannesburg reddingseenheid, SAPD en EMS insluit, het hulle na die ligging gehaas. Die beampte in die noodsentrum het deurentyd met die vrou telefoonverbinding behou en haar kalmeer.
Nooddienspersoneel het ‘n delikate reddingsoperasie met vaardigheid op die toneel uitgevoer en hulle kon al die insittendes van die 60-sitplekbus in Orlando, Soweto in Johannesburg, red.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



