‘n Verdagte is die afgelope week in verband met die moord op ‘n inwoner van Pinnacle Point, Marietha Willemse, in hegtenis geneem.
Willemse (79) is in Junie op ‘n landgoed in Mosselbaai vermoor nadat sy en haar man, Johannes, in hulle huis in Albatrosstraat aangeval is.
Marietha se liggaam is op ‘n stoel met ‘n meswond aan haar nek ontdek. Johannes het verskeie steekwonde opgedoen, maar het die voorval oorleef.
Volgens Die Mossel Bay Advertiser is die persoon wat in hegtenis geneem is van Lesotho en positief met die moord verbind nadat vingerafdrukke gevind is. Die verdagte was voortvlugtend sedert die moord en is na wat verneem word in die Vrystaat vasgetrek.
Hy word in Mosselbaai in aanhouding gehou en sal na verwagting op Maandag 12 Desember onder meer op ‘n aanklag van moord in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebook-blad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



