Die M1 Noord tussen die Booysenspad en Crown-wisselaar was gister gedeeltelik vir verkeer toegemaak na ‘n skietery tussen vermeende verdagtes en Johannesburg-metropolisie (JMPD).
Xolani Fihla, woordvoerder vir JMPD, sê lede het ‘n Iveco-bussie met ongeveer 20 insittendes voorgekeer wat op die lede begin skiet het.
Lede het glo inligting ontvang van ‘n ander motoris oor ‘n voertuig wat roekeloos bestuur en het om dié rede die voertuig afgetrek en nie verwag dat daar op hulle geskiet sal word nie. Daar word geglo dat die insittendes van die voertuig wat op die polisie geskiet het, beplan het om ‘n rooftog uit te voer.
Een verdagte is noodlottig gewond en twee onwettige vuurwapens is gekonfiskeer.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



