Minstens 13 in 3 maande by onderwysinstellings in Wes-Kaap verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

Ten minste 13 persone is tussen Julie en September vanjaar by onderwysinstellings in die Wes-Kaap verkrag, volgens die nuutste kwartaallikse misdaadstatistieke. Van die 13 mense was drie vrouens, ses meisies en vier was seuns onder die ouderdom van 18 jaar oud.

In dieselfde tyd is twee kinders by skole vermoor. In een voorval is ‘n 14-jarige seun tydens ‘n bakleiery by die Primêre Skool Ikaya in Kayamandi doodgesteek, en in die tweede voorval is ‘n vierjarige dogter by Primêre Skool Nederburg in Paarl-Oos verwurg.

In dié drie maande is 55 kinders regoor die provinsie vermoor. Daar was 91 pogings tot moord en 353 aanrandings met die doel om ernstig te beseer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel