Liggaam van Johannesburgse grimeerkunstenaar met skietwond gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die 39-jarige Maja Janeska, ‘n grimeerkunstenaar, se lewelose liggaam is op 2 Desember met ‘n skietwond aan haar kop in Bassonia, Johannesburg, gevind.

Die polisie is glo na Phillips se landgoed in Bassonia ontbied na hulle ‘n oproep ontvang het oor ‘n persoon wat glo haarself geskiet het.

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle op Janeska se liggaam in die kamer van die huis gevind. Sy het ‘n skietwond aan haar kop gehad en ‘n vuurwapen het langs haar gelê.

Die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek wat in ‘n moordondersoek kan verander indien daar enige bewyse is van vuilspel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel