‘n Vrou (28) is vermoedelik aan ‘n hartaanval dood toe sy by ‘n gimnasium in Ecuador in Suid-Amerika besig was om te oefen en toe net skielik dood neergeval het.
Betsy Dayana Jaramillo Ramírez het voor haar dood verlede week op 29 November by die Zona Muscular-gimnasium geoefen. Beeldmateriaal wys hoe Ramírez hurkoefeninge doen.
Sy het na die instrukteur se instruksies geluister, die groep gevolg en een herhaling van die oefening gedoen. Sekondes na sy regop gekom het, het sy haar gewigte laat val en bloot vooroor geval.
In die video kan gesien word hoe ander haar regop help en nooddienste in kennis te stel.
Volgens die Mexican Post is Ramírez egter dood verklaar nog voor die ambulans opgedaag het. Die oorsaak van haar dood was vermoedelik ‘n hartaanval.
Klik op die video hieronder om dit op YouTube oop te maak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



