Rustenburg in Noordwes het vanoggend ‘n reënstorm beleef wat flitsvloede en chaos in die dorp veroorsak het.
Motoriste is versoek om versigtig te wees weens die vrees vir flitsvloede, beskadiging aan eiendomme en verkeersprobleme. Daar word gevra om van laagliggende gebiede weg te bly.
Selfs SantaFe tehuis vir Bejaardes is oorstroom. ‘n Massiewe sinkgat het by Cacoo- en Rockliffstraat by die winkelkompleks verskyn.
Bronne: Facebook-bladsye Rusternburg Herald, Reënval in SA, We are South Africans, Saam Staan Plaas Produkte, Storm Report SA ens.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



