‘n FedEx-werker wat Athena Strand (7) vermoor het, het aan die polisie vertel dat hy haar per ongeluk met sy afleweringsvoertuig raakgery het en toe “uit vrees dat sy haar pa sal vertel” in sy voertuig gegooi en haar verwurg het.
Volgens Daily Mail word Tanner Lynn Horner (31) van moord en ontvoering aangekla nadat hy glo verlede week die sewejarige meisie in Texas, VSA vermoor het.
Volgens ‘n lasbrief vir Horner se inhegtenisneming het hy haar glo per ongeluk raakgery toe hy ‘n aflewering by haar huis gedoen het. Toe Athena sê dat sy haar pa van die voorval gaan vertel, het Horner haar volgens verslae “met sy kaal hande verwurg”.
Ondersoekers het Horner as ‘n verdagte geïdentifiseer toe hulle uitvind dat FedEx ‘n pakkie by Athena se huis afgelewer het, dieselfde tyd wat sy vermis geraak het. Toe Horner ondervra is, het hy erken wat gebeur het. Hy het die polisie na ‘n dam geneem waar Athena se liggaam gevind en geïdentifiseer is, berig Daily Mail.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



