Wolodimir Zelenski, president van die Oekraïne en The Spirit of Ukraine, is pas aangewys as Time Magazine se 2022 Person of the Year.
Die gesogte toekenning gaan aan ‘n persoon of gebeurtenis wat die meeste globale invloed in 12 maande gehad het.
Zelenski het te staan gekom teen finaliste soos, Iran protesteerders, Xi Jingping – die leier van China – en die VSA se Hooggeregshof. Die tydskrif het gesê Zelenski het Oekraïners wêreldwyd geïnspireer met sy moed om die Russiese inval te weerstaan.
“Zelensky’s success as a wartime leader has relied on the fact that courage is contagious,” is gesê.
“The Spitir of Ukraine” verwys na mense regoor die wêreld wat in die agtergrond gewerk het, byvoorbeeld Ievgen Klopotenko, ‘n sjef wat duisende gratis etes voorsien het, Yuliia Payevska, ‘n paramedikus wat drie maande in Rusland gevange gehou was en selfs David Nott, ‘n Britse traumachirurg, wat na die Oekraïene toe is om beseerdes van die oorlog te help.
Time se tradisie het in 1927 begin en in daardie jare was die toekenning slegs vir “Man van die Jaar,” wat wenners soos voormalige diktator Adolf Hitler in 1938 en die Russiese president Wladimir Poetin in 2007 ingesluit het.
Bron: BBC News en Time.com
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



