‘n Man (35) is op 30 November in die vroeë oggendure in hegtenis geneem vir die vermeende besit van ongeslypte diamante, onverwerkte goud en dwelms.
Sers. Wesley Twigg, provinsiale polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê lede van die landelike blitspatrollie het inligting ontvang van ‘n persoon in ‘n wit Toyota Quatum wat op die N7 tussen Clanwilliam en Citrusdal reis met diamante, goud en dwelms in sy besit.
Die voertuig is onderskep en die insittende se bagasie, sowel as die voertuig, is deursoek. Die ontdekking van die diamante, goud en en dwelms is tussen die bagasie gemaak.
Sewe sakke dagga, 50 Mandrax-tablette, 9,4 g kristalmetamfetamien, 4,22 g onverwerkte goud en 35 stuks ongeslypte diamante is gekonfiskeer.
Die verdagte is in hegtenis geneem en het in die Clanwilliam-landdroshof verskyn op klagtes vir die besit van ongeslypte diamante, onverwerkte goud en dwelms.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



