‘n Skoolmeisie in matriek van Hoërskool Hugenote in Springs was op 30 November ‘n slagoffer van ‘n gewapende roof.
Blue Hawk Tactical sê hulle is deur ‘n onderwyser van die skool vir hulp gekontak. Na bewering is die leerder by die verkeerslig op die Oos-Geduldpad beroof en gesteek.
Die vermeende verdagte is deur lede van die publiek en onderwysers aangekeer.
Blue Hawks se taktiese eenheid het na die toneel omgesien, terwyl Jodamed en Netcare 911 na die meisie se beserings omgesien het. Die verdagte is in hegtenis geneem en aan die Springs-polisiestasie oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



