Dis amptelik – 27 Desember is ‘n amptelike openbare vakansiedag in Suid-Afrika met dié dat Kersfees vanjaar op ‘n Sondag val.
Pres. Cyril Ramaphosa het dié aankondiging gemaak nadat die vakverbond Cosatu verlede maand die versoek gerig het.
Die Wet op Openbare Vakansiedae vereis dat as ‘n vakansiedag op ‘n Sondag val, die Maandag daarna die vakansiedag sal wees.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



