Man doodgeskiet toe hy brood wou gaan koop

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (33) is Woensdagaand in Cottonlands KwaZulu-Natal doodgeskiet toe hy na ‘n snoepwinkel onderweg was.

Reaction Unit South Africa is net voor 21:00 deur ‘n GPF-lid vir mediese bystand vir die slagoffer gekontak.

Met Rusa-lede se aankoms op die toneel het hulle die slagoffer gevind waar hy op ‘n grondpad lê. Hy het skietwonde aan sy gesig, maag, hand en rug gehad en het geen teken van lewe getoon nie. Hy is dood verklaar.

Twee 9 mm-doppies is op die toneel gevind.

Volgens die slagoffer se pa het hy die huis ongeveer 50 meter van waar hy was verlaat om brood by ‘n snoepwinkel te gaan koop.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.