Alhoewel baie tieners wegloop as gevolg van familieprobleme, bly dwelms of alkohol steeds die hoofrede vir baie tieners se verdwynings.
In jou tiener se ‘grootword’-stadium mag hy of sy dalk eksperimenteer met drank of dwelms. Die probleem is egter wanneer hy of sy té betrokke raak, nie weet hoe om dit te hanteer nie en dan besluit om uit vrees of vernedering van die huis af weg te loop.
Jy kan die kans dat jou tiener wegloop, verklein deur na die volgende tekens op te let.
Tekens om na op te let
Jou tiener sal skielik geïrriteerd, depressief of angstig voorkom en homself van familie en vriende distansieer.
Jou tiener tree rebels op en breek doelbewus die huisreëls.
Jou tiener dreig om weg te loop as jy hom nie sy sin gee nie.
Jou tiener ontvang geskenke of geld van iemand wat jy nie ken nie.
Jou tiener bou ‘n verhouding met iemand wat sy mening en gedrag in die huis verander. Jou tiener redeneer meer met jou as vantevore.
Jou tiener raak seksueel aktief en wanneer sy swanger raak of hy iemand swanger maak, dink hy of sy daaraan om weg te loop.
Jou tiener sukkel by die skool, is onoplettend of baie afwesig in die klas. Jou tiener mag ook swakker presteer.
Jou tiener maak hom- of haarself seer met ‘n skerp voorwerp.
Jou tiener begin geld bêre of besittings in ‘n rugsak hou.
Indien jou kind wel vermis raak, meld dit so gou moontlik aan.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



