Die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, lt.-genl. Semakaleng Daphney Manamela, het die moord op ‘n 46-jarige vrou ten sterkste veroordeel.
Die vrou is na bewering Sondagaand om 20:40 in Witbank deur haar man doodgeskiet. Die polisie sê alhoewel die saak nog ondersoek word, kan die moontlikheid van gesinsgeweld nie ignoreer word nie.
Volgens die polisie se voorlopige verslag was die paartjie reeds uitmekaar toe die moord plaasgevind het. Die vrou het glo na die huis teruggekeer om van haar besittings te gaan haal toe sy doodgeskiet is. Die man het glo na die moord van die toneel gevlug.
Die vrou se liggaam is later met twee skietwonde in die slaapkamer gevind. Die verdagte se seun, wat nie biologies aan die vrou verbind is nie, was ook in die huis.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



