Daniël Labuschagne (89) van Steynstraat in Parys is Dinsdagoggend 29 November beseer toe hy in sy tuin aangeval is.
Hy is Saterdag 3 Desember in die Lenmed-hospitaal geopereer om skade van die beserings wat hy in die aanval opgedoen het, te herstel.
Na bewering was hy besig om in die tuin te skoffel toe twee verdagtes hom met ‘n onbekende voorwerp geslaan, in ‘n kamer inforseer en vasgemaak het.
Sy aanvallers het sy huis geplunder en te voet gevlug met hul buit, wat sleutels, geld, juweliersware en ‘n antieke silwer eetstel, ‘n erfstuk wat van ‘n keiserlike familie in Duitsland kom, ingesluit het
Labuschagne, wat alleen woon, het homself na ‘n lang gesukkel losgewoel en ‘n paniekknoppie van sy sekuriteitsmaatskappy gedruk om hulp te verkry.
Die aanvallers het vermoedelik toegang tot die erf verkry deur oor ‘n heining te klim en ‘n hekslot te breek.
Bron: Parys Gazette
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



