Dis dalk ‘n goeie idee om die beskuitblik vol te maak voor die familie kom kuier of jy en jou gesin gaan vakansie hou!
Bestanddele:
6 k meelblom
2 eiers (geklits)
karringmelk of suurmelk, ongeveer ½ liter
6 t hoogvol bakpoeier
1 k suiker
250 g margarien
knippie sout
Metode:
Vryf margarien in meel, bakpoeier en suiker met vingerpunte.
Voeg eiers by.
Maak aan met karringmelk en knie ‘n bietjie.
Maak bolletjies en pak in gesmeerde panne.
Bak vir 1 uur by ongeveer 165° C.
Breek en droog uit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



