
‘n Vragmotorbestuurder word gesoek nadat sy vragmotor met sy vrag Saterdagoggend 3 Desember tussen 10:00 en 11:00 by die Lebombo-grenspos hawe van binnekoms tussen Mosambiek en Suid-Afrika lukraak gekies is om verdere inspeksie te ondergaan nadat die vrag reeds deur doenebeamptes toegelaat was.
Brig. Selvy Mohlala verduidelik dat die bestuurder van die vragmotor, met ‘n Gauteng-nommerplaat, na bewering terwyl beamptes besig was met die ondersoek weggeglip het onder voorwendsel dat hy met die vragmotoreienaar gaan kontak maak. Hy het spoorloos verdwyn toe 200 kg vermoedelik kokaïne met ‘n straatwaarde van R29.3 m. versteek binne die vragmotor gevind is. Die bestuurder het die vrag as “haarstukke” verklaar.
Geen inhegtenisnemings is gemaak nie, maar die bestuurder en eienaar word gesoek. Op beide die vragmotor en bagasie is beslag gelê terwyl verdere ondersoek ingestel word.
Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale kommissaris vir polisie in Mpumalanga, het tevredenheid met die onderskep van die dwelms deur doeanepersoneel uitgespreek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



