‘n Gr. 6-seun van Primêre Skool Refalotse in Winterveld, in die noorde van Pretoria, het Vrydag 2 Desember tydens ‘n skooluitstappie verdrink.
Steve Mabone, woordvoerder vir die onderwysdepartement in Gauteng, sê die gr. 6 -leerders, onderwysers en sommige ouers is Vrydagoggend na ‘n oord.
Deur die oggend is ‘n formele seremonie gehou, waarna middagete genuttig is. Daarna het leerders hul swemklere aangetrek en onder toesig by die swembaddens gespeel en geswem.
Na bewering het leerders onderwyspersoneel en ouers ingelig van die seun wat in een van die swembaddens was en nie gereageer het nie.
Hy is dadelik uit die water gehaal en KPR gegee terwyl op nood- mediese dienste gewag is. Met paramedici se aankoms op die toneel is hy egter dood verklaar.
Polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval.
Matome Chiloane, MEC vir onderwys sê: ” We are deeply saddened by the sudden passing of one our learners. We extend our deepest condolences to the learner’s family and the school community at large.”
Die MEC sal die skool Dinsdag 6 Desember besoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



