‘n Vrou, van Randfontein is Saterdag 3 Desember om ongeveer 17:00 by die kruising van Tarlton en Ventersdorppad in Elandsvlei in haar motor geskiet.
Sers. Carmen Hendricks, polisiewoordvoerder vir Randfontein, sê die polisie het inligting ontvang van ‘n gewapende roof en poging tot moord.
Na bewering het die vrou van ‘n veiling gekom en toe sy met haar motor op die kruising was, is daar op haar geskiet. Haar voertuig het tot stilstand gekom en vermeende verdagtes het haar genader. Die vermeende verdagtes het haar handsak en skootrekenaar gevat en gevlug.
Die vrou het beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem vir mediese behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



