Heerlike botterskorsie ristto.
Genoeg vir 3-4 mense
Bereiding: 10 minute
Kooktyd: 35 minute
Bestanddele:
1 botterskorsie
sout
olie
15 ml (1 e) groente-aftrekselpoeier
1 ui, fyn gekap
50 g botter
375 g Arborio-rys
100 ml witwyn
vars roket en 50 g vars parmesaankaasskaafsels
Metode:
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Skil die botterskorsie dun af met ’n aartappelskiller, halveer en skep die pitte uit.
Behou die skille.
Sny in klein blokkies, pak in ’n oondpan en geur ligweg met sout.
Sprinkel ’n bietjie olyfolie oor en oondbraai tot sag.
Hou eenkant.
Plaas intussen die botterskorsieskille in ’n kastrol, bedek met water en voeg die aftrekselpoeier by.
Kook tot sag.
Maak fyn met ’n stokmenger en gebruik as aftreksel by die risotto.
Verhit nog ’n bietjie olie in ’n groot pan of kastrol en roerbraai die ui daarin tot sag.
Voeg die botter en rys by en roer met ’n houtlepel tot die rys oral met botter bedek is.
Voeg die wyn by en verhit tot verdamp.
Verlaag die hitte effe.
Voeg dan soplepels vol van die groente-aftreksel by die rysmengsel.
Roer elke keer goed en verhit tot al die vloeistof verdamp het voor jy die volgende sarsie byvoeg.
Kook tot die rys net-net sag is (dit neem sowat 15-20 min.).
Roer die botterskorsie by, verhit tot warm en sit voor met vars roket en parmesaankaasskaafsels.
Bron: Huisgenoot Resepte
Plasing: Tiana Botes /WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



