Steeds geen teken van Upingtonse vrou wat spoorloos verdwyn

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is steeds geen nuwe leidrade wat die polisie op Upington kan help om die vermiste Elize van Zyl (59) op te spoor nie. So het AO Neville Rich, ondersoekbeampte in die saak, Donderdag aan FiND iT bevestig.

Rich sê Van Zyl se lewensmaat, Hein Grün, het vertel dat sy Sondagoggend tussen 09:00 en 10:00 bloot by die huis se deur uitgestap het en dat sy sedertdien weg is.

Grün en die bure het omstreeks 16:00 Sondagmiddag bekommerd geraak en haar begin soek. Toe sy nie opgespoor kon word nie, het hulle die polisie ontbied.

AO Rich sê hulle het met Van Zyl se familie in kontak probeer kom en kon wel met Johan, Van Zyl se seun, praat, maar dat daar geen nuwe leidrade is oor waar sy kan wees nie.

Enigiemand met inligting oor waar Van Zyl kan wees, kan AO Rich by 082 785 0637 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel