G’n woord van Ramaphosa na berigte dat hy bedank

Deel hierdie storie / Share this story

Daar was Donderdagaand geen woord van president Cyril Ramaphosa nie na berigte wyd op sosiale media versprei het dat die president sy leierskap sal beëindig.

Vincent Magwenya, woordvoerder vir die presidensie, het Donderdagaand aan die media gesê die besluit wat deur die president geneem word, moet gerugsteun word deur die beste belang van die land en dat die besluit dus nie oorhaastig geneem kan word nie.

Manwenya her vroeër Donderdag gesê dat pres. Ramaphosa die land sou toespreek oor sy toekoms as leier van die ANC na ‘n onafhanklike paneel se bevindings oor die Phala Phala-skandaal.

Magwenya het egter gesê dat pres. Ramaphosa wel die land sal toespreek wanneer daar ‘n besluit geneem is oor watter aksie geneem moet word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel