Altesaam 70 mense is Donderdagoggend beseer toe ‘n bus in Ontdekkerstraat in Roodepoort agter in ‘n ander bus vasgery het.
Volgens ER24 het paramedici omstreeks 07:00 op die toneel aangekom waar die twee busse in die linkerbaan van die pad stilgestaan het.
Verskeie passasiers het langs die busse in die pad gesit en ander was steeds in die busse.
Paramedici het die beseerdes op die toneel geassesseer terwyl die plaaslike owerhede die verkeer beheer het.
Volgens ER24 is daar gelukkig geen ernstige beserings aangemeld nie en daar was geen sterfgevalle nie..
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



