Polisiekonstabel (26) in Wes-Kaap vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

Kenners en die polisie in die Wes-Kaap is besig om bewysstukke by ‘n moordtoneel in Grassy Park bymekaar te maak na ‘n 26-jarige polisiekonstabel Donderdagmiddag omstreeks 17:45 doodgeskiet is.

Volgens kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, het die oorlede konstabel en ‘n kollega reageer op inligting oor ‘n gewapende verdagte in Blackbirdlaan in Grassy Park.

Na ‘n onderonsie tussen die lede en die verdagte, is die konstabel in sy bors geskiet. Sy kollega kon sonder enige beserings wegkom.

Die verdagte het van die toneel gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel