Zoliswa Vuthela (32) van KwaKhikhi, Gugulethu, Kaapstad is op Sondag 13 November in haar huis doodgeskiet.
Na bewering het Vuthela na ‘n OTM geloop saam met ‘n persoon wat haar geld geskuld het. Hulle is glo deur twee onbekende mans genader wat gevra het om met haar te praat. Die man wat saam met haar was, het glo toe sy eie rigting ingeslaan.
Hierna is sy glo by haar huis deur die twee onbekende mans in haar kamer ingedwing waarna sy in die oog, bors en dy geskiet is.
Sers. Sindisiwe Ngqele, woordvoerder van Gugulethu-polisiestasie, sê haar moord word ondersoek, alhoewel nog geen arrestasies gemaak is nie.
Volgens beriggewing was ‘n buurvrou en vriendin ten tyde van die voorval in die huis.
Sandy Nonzaba, die vriendin, het glo om ongeveer 20:00 by Vuthela se huis opgedaag waar sy haar vriendin met ‘n man hoor stry het. Dit het glo oor geld gegaan. Haar vriendin en die man het die huis verlaat sodat hy geld kon gaan trek om aan haar terug te betaal. Hulle was vervolgens deur die twee mans genader en het saam met haar na haar huis teruggekeer.
Nonzaba was glo deur die verdagtes beveel om te sit en haar oë en ore toe te hou. Hulle het Vuthela daarna glo in haar kamer inforseer. Nonzaba kon hulle hoor praat, waarna drie skote gevolg het en die mans weg is.
Vuthela is in die Oos-Kaap begrawe.
Haar moord is met woede in die LGBTQ+ gemeenskap begroet.
Bron: Keep The Energy en Cape Town Etc
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



