Drie leerlinge is Woensdagmiddag om ongeveer 13:30 tydens ‘n insident by ‘n skool in Imam Haroonstraat, Claremont, Wes-Kaap, met ‘n skerp voorwerp gesteek. Na bewering het ‘n argument ontstaan waartydens die drie leerlinge steekwonde opgedoen het.
Sers. Wesley Twigg sê sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer, is geopen.
‘n Man (18) is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Volgens Lima Charlie 1, Emergency Rescue Service, het vier leerlinge beserings opgedoen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



