Fleetwood Mac se Christine McVie (79) oorlede

Deel hierdie storie / Share this story
Fotokrediet Fleetwood Mac Facebook-blad

Christine McVie (79) van Fleetwood Mac is Woensdag 30 November in ‘n hospitaal dood na ‘n kort siekbed. Sy was omring deur haar familie.

Die aankondiging is op haar Facebook-blad gemaak deur die oorblywende lede van Fleetwood Mac.

McVie was ‘n Engelse musikant wat op 12 Julie 1943 in Bouth in die Verenigde Koningkryk gebore is.

Sy het in 1970 by Fleetwood Mac aangesluit waar sy gesing en die klawerbord bespeel het. Sy het drie solo-albums vrygestel. Haar musiek is op liefde en verhoudings geskoei. McVie sal veral onthou word vir liedjies soos Everywhere en Go Your Own Way.

Bron: Fleetwood Mac Facebook-blad en Christine McVie Facebook-blad.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.