Willem ‘wou met ‘n vrou soos ma trou’

Deel hierdie storie / Share this story

Geliefdes, vriende en Suid-Afrika het Dinsdag van die geliefde Willem Kruger afskeid geneem.

Kruger was vir meer as 10 dae vermis na hy ‘n ramparty by Henbase Lodge in Mpumalanga bygewoon en daarna net spoorloos verdwyn het. Sy Toyota Hilux Dakar-bakkie met sy liggaam nog daarin is later in die Vaalrivier gevind.

Willem se oom was Dinsdag tydens die troosdiens aan die woord en het direk met Tian Kruger, Willem se pa, gepraat.

“Tiaan, my broer, my menswees huil vir jou en oor jou, ja saam jou. As ek dink jy gaan breek dan kry jy nuwe krag. Jy praat lewe. Tiaan het altyd opgestaan om vir Willem te groet en dan het hy dit met respek gedoen.”

Aan Willem se ma sê hy: “Stephanie, op sus se troue het Willem ‘n heildronk op jou ingestel… sy woorde was, Ma, jy is die mooiste vrou in die wêreld. Ek gaan nie trou voor ek nie ‘n vrou soos ma gekry het nie.”

Die diens is regstreeks vanaf die familieplaas uitgesaai en kan hier gesien word.