Pa verloor drie kinders aan kanker terwyl hy self daarteen veg

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Brasiliaanse ekonoom, Régis Feitosa, het in minder as vyf jaar drie van sy kinders aan kanker verloor terwyl hy self teen die siekte veg.

Die vier familielede het in 2016 uitgevind dat hulle ‘n seldsame genetiese afwyking het wat tot ‘n verhoogde risiko van kanker kan lei. Die afwyking, Li-Fraumeni-sindroom, affekteer maar vyf uit elke 20 000 families.

Régis Feitosa (52) het sy jongste dogter eerste aan die dood afgestaan.

Beatriz Feitosa is in 2017 met akute limfositiese leukemie gediagnoseer toe sy maar nege jaar oud was. Sy het ‘n beenmurgoorplanting ondergaan, maar die kanker het egter teruggekeer en sy is ‘n jaar later op 24 Junie 2018 op die ouderdom van 10 oorlede.

Régis het sy seun, Pedro, volgende verloor. Hy was 17 jaar oud toe hy met osteosarkoom gediagnoseer is. Hy is genees, maar het later in 2019 breinkanker ontwikkel en is op 30 November 2020 daaraan oorlede.

Die familie se oudste dogter, dr. Anna Carolina Feitosa, is in 2009 op die ouderdom van 12 ook met akute limfositiese leukemie gediagnoseer en het in die daaropvolgende drie jaar gesond geword. Sy is ook later met breinkanker gediagnoseer en is op 19 November vanjaar oorlede.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel