Ons almal ken die gevoel om ’n kussingsloop af te trek en deur ’n geel kussing, wat wit was, in die gesig gestaar te word. Hier is ’n maklike en effektiewe manier om jou kussing splinternuut en spierwit te kry.
Wat jy gaan benodig:
- 1 koppie waspoeier
- 1 koppie skottelgoedwasmiddel
- 1 koppie bleikmiddel
- ½ koppie boraks
Metode
- Was jou kussing met die bogenoemde mengsel
- Skud die kussing na die tyd uit en plaas dit twee dae in die son
- Skud die kussing gereeld sodat die vere kan uitsprei
- Plaas die kussing in die tuimeldroër saam met ’n tennisbal – die bal beweeg in die droër rond en dit maak die vere lig en los.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



