Jagter se hond skiet hom dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jagter van Turkye is dood nadat sy hond in ‘n fratsongeluk verantwoordelik was vir sy dood.

Ozgur Gevrekoglu (32) is dood nadat sy hond se poot per ongeluk aan die sneller van die haelgeweer geraak het. Hy het ‘n skietwond in sy maag opgedoen.

Gevrekoglu, wat later in die hospitaal dood is, en sy hond was in die motor op pad om te gaan jag toe die ongeluk gebeur het.

Volgens New York Post het Gevrekoglu onlangs pa geword.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel