Vrou (59) van Upington raak weg na sy by voordeur uitloop

Deel hierdie storie / Share this story

Die 59-jarige Elize van Zyl van Upington in die Noord-Kaap is sedert Sondag vermis na sy volgens haar lewensmaat glo net by die huis se voordeur uitgestap het.

AO Neville Rich, ondersoekbeampte by die polisie, sê Van Zyl se lewensmaat, Hein Grün, het vertel dat sy Sondagoggend tussen 09:00 en 10:00 bloot by die huis se deur uitgestap het en dat sy sedertdien weg is.

Grün en die bure het omstreeks 16:00 Sondagmiddag bekommerd geraak en haar begin soek. Toe sy nie opgespoor kon word nie, het hulle die polisie ontbied.

AO Rich sê hulle het met Van Zyl se familie in kontak probeer kom, maar dat haar seun in Namibië woon. AO Rich sê die polisie sal haar seun, Johan, graag wil opspoor om uit te vind of sy nie na hom toe is nie.

Enigiemand met inligting oor waar Van Zyl kan wees, kan AO Rich by 082 785 0637 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel