‘n Vrou wat Sondag ‘n vier dae oue baba ontvoer het, word deur die polisie gesoek.
Noncedo Jali (33), die ma van die baba, het op 22 November geboorte gegee en is glo Sondag ontslaan.
Volgens die polisieverklaring het ‘n onbekende vrou haar glo voorgedoen as iemand wat deur die familie gestuur is om haar met die baba te help.
Die ma, haar baba en die vrou is na die Jali-winkelsentrum waar die ma geld wou trek en vir die baba klere wou koop. Die onbekende vrou het in die besige winkelsentrum met die baba verdwyn.
Enigiemand wat inligting oor die ontvoering het, kan die ondersoekbeampte, speursers. Sizile Sindi by 082 303 0249 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



