Diepgebraaide roomysballe

Deel hierdie storie / Share this story

Probeer gerus dié Desember hierdie heerlike resep vir diepgebraaide roomys.

Bestanddele:

2 ℓ vanieljeroomys
bakkie met kookwater
8 ekstragroot eiers
800 g fyngekapte amandels en grondboontjies
500 g fyn broodkrummels

Metode:

Doop ’n lepel in die bakkie kookwater. Skep die roomys uit met jou warm lepel en rol die ronde balle so groot soos ’n hokkiebal met jou hande. Jy moet vinnig wees, want die roomys moenie smelt nie. Plaas die roomysballe terug in die vrieskas vir twee uur. Klits vier eiers in ’n bak en hou ’n bak met fyngekapte neute byderhand. Rol dan jou roomysballe in die eiermengsel en direk daarna in die neute tot daar niks roomys gesien kan word nie. Plaas dit terug in die vrieskas vir vier uur. Herhaal die eiermengsel met die ander vier eiers en hou dié keer ’n bak met die fyn broodkrummels byderhand. Rol die roomysballe weer in die eiermengsel en bedek dit reg rondom met broodkrummels. Plaas dan die balle vir nog 24 uur in die yskas. Sorg dat jou plaat baie warm is. Die olie moet borrel wanneer jy die roomysbal versigtig daarin sit. Neem jou braaitang en rol die bal vir 10 na 15 sekondes in die olie. Maak seker jy braai net die neute en die brood sodat die roomys gevries bly.

Plaas in ’n bakkie en bedien gou!

Resep: Netwerk24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel